Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Geskiedenisles " deur GEORGE WEIDEMAN
" Geskiedenisles " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #65969] Di, 03 September 2002 20:32 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

George Weideman
Geskiedenisles

in veelbewoë tye, word gesê, was "boesmans" volop hier.
bosjesmannen. soos karoobossies. soos kareebome. soos elande,
deur voorsate geteken of gegrif tot elke dier
wat ten dode opgeskryf was, pryk teen asgrou wande,
ter nagedagtenis of bloot ter stawing. of om te versier.

wie weet? al wat geskiedenis wou leer, of wat ek kan onthou,
of wat in gedenkboeke staan, was dat hul diewe was;
ook: hul vermoë om, nes kamele, dagreise uit te hou
teen dors, om dan, bekoms gedrink uit kakamas
se kuile en sloepe, die rooftog dansend in oënskou

te neem. g'n verwantskap met jan konterdans. gedigte is verhewe
bo die werklikheid, het literatore my geleer, en basta.
vandag nog is - uit reisjoernale - die "klein geel mensies" ewe
seer aan my bekend as jagters en nomades, hoogstens kuriosa,
burleske prentjies van voor- en agterstewe.
maar dié het kokkedore tog ook, dié kussinkies!
daar is baie koringkrieke wat die land vol wip
en wáár hulle gaan, sit hul spek op die klip. askies.
poësie is iets beleefs. is veel sjarmanter, minder stip
as rotstekeninge. so ongelooflik veilig mities.

nomades? oom laggerjan het net boerematriek. wat hy weet
van die san, is hoe sy pa se pa se grootjie jagpartye
teen die rats, astrante mannetjies gelei het. en beet-
en buitgeneem het wat hul wou. tot lakeie
en voetewassers, tot hulpe by die jakkalsjag ingebreek.

net god en intuïsie het verhoed dat hul soos troebadoere
spoorloos raak. hul talent om spoor te sny. om in die kamdebo
te weet waar watergate is. om knolle en bitterkarkoere
en tsammas te streel soos borste. vlugtend uit die groot karoo.
vlugtend uit die "boesmanland". voor boere en pandoere.

vandag? die gejagte word weer jagter, word "trotse" bostroep.
net 'n landkaart verwys nog hier en daar in die verbygaan
waar vertoef is. "boesmanskop". "boesmansrivier". "'boesmanshoek".
in klipskuilings, op rotsblokke, in okergeel en bruin en taan,
tekens en gravures uit 'n vry bestaan. deur niemand besoek.

vandag? daar het nie veel verander nie. maar "besorgdes" besoek
omega; "gekweldes" doen "nedersettings" aan. kyk ge-entertain
hoe hul tot spoorsnyers getem is. geuniform. hoe babas doek
dra en aan steriele bottels suig. want als is reg met coke en cane.
vergeet die kind wat eenkant sit en krabbel in die sand. wat soek

na eland se spoor. êrens met die vlug het bidsprinkaan
vir maan uit die oog verloor. en maan is nou nog soek.
Re: " Geskiedenisles " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #65987 is 'n antwoord op boodskap #65969] Wo, 04 September 2002 13:57 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
En ek het in al my onkunde geleer dat die Boesmans veediewe was?
Ek het verdomde wrede voorouers gehad - wat sonder rede almal om hulle
verwoes het.
skryf in boodskap news:3D751D0C.8070004@rogers.com...
> George Weideman
> Geskiedenisles
>
> in veelbewoë tye, word gesê, was "boesmans" volop hier.
> bosjesmannen. soos karoobossies. soos kareebome. soos elande,
> deur voorsate geteken of gegrif tot elke dier
> wat ten dode opgeskryf was, pryk teen asgrou wande,
> ter nagedagtenis of bloot ter stawing. of om te versier.
>
> wie weet? al wat geskiedenis wou leer, of wat ek kan onthou,
> of wat in gedenkboeke staan, was dat hul diewe was;
> ook: hul vermoë om, nes kamele, dagreise uit te hou
> teen dors, om dan, bekoms gedrink uit kakamas
> se kuile en sloepe, die rooftog dansend in oënskou
>
> te neem. g'n verwantskap met jan konterdans. gedigte is verhewe
> bo die werklikheid, het literatore my geleer, en basta.
> vandag nog is - uit reisjoernale - die "klein geel mensies" ewe
> seer aan my bekend as jagters en nomades, hoogstens kuriosa,
> burleske prentjies van voor- en agterstewe.
> maar dié het kokkedore tog ook, dié kussinkies!
> daar is baie koringkrieke wat die land vol wip
> en wáár hulle gaan, sit hul spek op die klip. askies.
> poësie is iets beleefs. is veel sjarmanter, minder stip
> as rotstekeninge. so ongelooflik veilig mities.
>
> nomades? oom laggerjan het net boerematriek. wat hy weet
> van die san, is hoe sy pa se pa se grootjie jagpartye
> teen die rats, astrante mannetjies gelei het. en beet-
> en buitgeneem het wat hul wou. tot lakeie
> en voetewassers, tot hulpe by die jakkalsjag ingebreek.
>
> net god en intuïsie het verhoed dat hul soos troebadoere
> spoorloos raak. hul talent om spoor te sny. om in die kamdebo
> te weet waar watergate is. om knolle en bitterkarkoere
> en tsammas te streel soos borste. vlugtend uit die groot karoo.
> vlugtend uit die "boesmanland". voor boere en pandoere.
>
> vandag? die gejagte word weer jagter, word "trotse" bostroep.
> net 'n landkaart verwys nog hier en daar in die verbygaan
> waar vertoef is. "boesmanskop". "boesmansrivier". "'boesmanshoek".
> in klipskuilings, op rotsblokke, in okergeel en bruin en taan,
> tekens en gravures uit 'n vry bestaan. deur niemand besoek.
>
> vandag? daar het nie veel verander nie. maar "besorgdes" besoek
> omega; "gekweldes" doen "nedersettings" aan. kyk ge-entertain
> hoe hul tot spoorsnyers getem is. geuniform. hoe babas doek
> dra en aan steriele bottels suig. want als is reg met coke en cane.
> vergeet die kind wat eenkant sit en krabbel in die sand. wat soek
>
> na eland se spoor. êrens met die vlug het bidsprinkaan
> vir maan uit die oog verloor. en maan is nou nog soek.
>
Vorige onderwerp: " Ouma Baai maak heuningbier " deur GEORGE WEIDEMAN
Volgende onderwerp: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 15:00:56 MGT 2024